|
|
| |

|
| |
|
|
|
|
Afrikaanse Gemeente UAE is ‘n informele, eietydse, onafhanklike, Afrikaanse gemeente wat vir die Afrikaanssprekende in UAE ‘n geestelike tuiste bied om hulle doel in die lewe te vind tot eer van God.
| |
|
| |
|
|
|
|
Ons is ingestel om verhoudings te bou waar mense mekaar as dissipels van
Jesus liefhet. Ons bedien mekaar met hartlikheid, warmte en gasvryheid.
Die aanbieding, aard en styl van ons eredienste is informeel en gemaklik.
|
|
|
Ons bediening is gemik op die behoeftes van die moderne mens. Ons besef die geweldige uitdagings van UAE en streef daarna om ondersteuning te verleen en deur geloofsvriende mekaar met die liefde van Jesus te dra.
|
|
|
|
Ons droom is om 'n kerk te bou waar mense van alle agtergronde gemaklik sal
voel en waar mense wat kerklos geraak het of wat seer gekry het langs die
pad en uitgesak het, 'n tuiste sal vind.
|
|
|
|
Ons erken die behoefte onder talle Afrikaanssprekendes om in hulle moedertaal te aanbid en bedien te word.
|
|
|
|
|
|