Google
» Afrikaanse Gemeente Dubai :: Duine Nuus
:: Ons Fokus ::
  Jes.43:18-22, Jes.35
  Verheerlik
  Vermenigvuldig
  Verstaan & Verbind
  Versorg
  Versoen
  Volhard
NUUS: Duine Nuus

 

 
ebuiteland20070520taxi.gifDie taxibestuurder
 
Die taxibestuurder vleg deur die Dubai verkeer. ʼn Vrolike kleuterlag vul die motor. ”Wie is dit“, wil ek nuuskierig weet. ”My seun in Kaïro. Hy is nou drie jaar oud“, vertel hy trots. ”Ek het hom laas gesien toe hy vier maande oud was. Maar my vrou stuur darem gereeld bandjies met sy stem op en dan luister ek daarna terwyl ek bestuur.“ ”Waarom is jou gesin in Kaïro?“, vra ek uit. ”Wel, ek kon nie daar werk kry nie, en omdat Dubai so welvarend is, het ek besluit om hier te kom werk soek.“ Hy sien sy vrou en kind net een keer per jaar, vertel hy met emosie, en dan ook net vir drie weke. Ek gee hom kans om sy ewewig te herwin en vra dan: ”Hoe hou jy julle verhouding in stand?“ (Toe het ek nog nie geweet dit is ʼn baie vrypostige vraag nie!) Die antwoord kon my nie minder verras nie. ”Ons behoort aan mekaar en gee onsself vir mekaar“, sê hy gedrewe.

Terwyl hy vernuftig aan die ”verkeerde“ kant van die pad deur die swaar verkeer beur, dink ek aan die vreemdheid van ons tyd. Regoor die wêreld is daar gesinne wat bloedbande deel, maar nie die lewe nie. Gelukkig is daar ook diegene soos die taxibestuurder wat dit regkry om sterk, onbreekbare bande op te bou, ten spyte van die afstand.

Ek dink aan ons eie kroos, wêreldburgers oor die lengte- en breedtegrade van die aarde versprei. Ons naelstring gevorm deur die tegnologie van ons tyd wat afstand oorbrug en vervreemding hokslaan. Die taxibestuurder se emosie kom sit ook in my keel. Hoe behoort ons aan mekaar en gee ons onsself vir mekaar?

Teen die tyd dat die taxi my bestemming bereik, het ek die antwoord. Voordat jy opstaan in die oggend en die dag injaag, halt eers en bid: ”Vader, gee dat ek nie hierdie dag sal vermors nie. Dit maak nie saak as ek nie elke item op my besige dagboek as afgehandel kan aftik nie. Dit maak wel saak dat ek my dag so sal deurbring dat my liefde vir U en my liefde vir my gesin sigbaar sal wees. Volgens U Woord en volgens U opdrag, is dit waaroor die lewe gaan: ”Ons moet mekaar liefhê“ (2 Johannes 1:5).

Hoe meer ek van myself aan my gesin en ander uitdeel, hoe belangriker word hulle vir my. Dit is nie meer goed genoeg om vir mekaar te sê dat ons mekaar liefhet en vashou nie. Bewys dit met jou tyd, want dit is hoe ons liefde spel; T-Y-D!. Die kern van liefde is nie wat ons van ander dink of wat ons vir hulle voel nie, dit is wat ek van myself gee wat saak maak. 

ʼn Goeie vriend het eendag gekla dat hy nou eenmaal nie sy vrou en kinders verstaan nie. ”Ek gee hulle alles wat hulle nodig het, maar dit is nie genoeg nie. Wat meer wil hulle hê?“ ”Hulle wil jou hê”, antwoord ek. “Hulle wil gesinsgesentreerde aandag en TYD-liefde hê. Jy gaan hulle nooit verstaan as jy dit nie onvoorwaardelik kan gee nie.“

Tot volende keer

Lien Els
Afrikaanse Gemeente Dubai/Abu Dhab/Al Aini


 
© 2006 Dubai Afrikaanse Gemeente. Alle regte voorbehou