Aanwysings vanaf Abu Dhabi: Ry van Abu Dhabi na die Abu Dhabi Internasionale Lughawe. Naby
die lughawe neem die regterkantse afrit na “Terminal 2”.
Sluit aan by die pad en ry aan tot by die verkeersirkel. Ry om
die sirkel en gaan uit by “9 uur”. Eerste afdraai na links is
die Al Ghazal Golf Club.
Aanwysings vanaf Dubai: Ry die snelweg van Dubai na Abu Dhabi. Neem die regterkantse
afrit na “Mafraq, Tarif en Al Ghweifat. Volg die pad oor die
snelweg na Abu Dhabi Internasionale Lughawe tot by die
verkeersirkel. Draai regs na “Terminal 2” en “Freight Terminal”.
Eerste afdraai na links is die Al Ghazal Golf Club.