Iets oor ons gemeente
DS. GERT ELS
Dubai Afrikaanse Gemeente is 'n gemeente wat op 10 Februarie 2006 die eerste
keer in Mirdif byeengekom het vir 'n erediens. Met ons eerste diens was daar
15 persone en sederdien het ons al verby die 600 kerf gegroei.
Ons gemeente fokus is om vir die Afrikaanssprekende in Dubai 'n geestelike
tuiste te bied waar ons vir mekaar en ander Jesus se stem en hande kan
wees, wat uitreik na nader, hulle begelei na Jesus, hulle help om hulle
lewensdoel te vind ten einde die Vader te verheerlik.
Huidiglik hou ons eredienste by vier bedieningspunte: Jebel
Ali, Mirdif, Abu Dhabi en Al Ain. Die
Woordbediening is in Afrikaans en almal wat Afrikaans verstaan word genooi
om te kom inskakel. Ons dienste is informeel met suiwere Woord verkondiging
en kragtige lofprysing.
Ons is ook besig om 'n sterk bediening te vestig vir ons kinders, tieners
en jong werkendes omdat ons nie net 'n "grootmens" kerk wil wees
nie.