Uitnodiging: Alle enkellopende jongmense (studerendes en werkendes) word uitgenooi na 'n lekker saamkuier aan huis van Ds Gert en Lien Els EERSKOMENDE Saterdag om 18:30.
Die doel van die saamkuier is om jongmense die geleentheid te gee om mekaar beter te leer ken. Van hier gaan ons dan 'n Omgeegroep (of groepe!) saamstel, sodat jongmense meer gereeld kan saamkuier rondom die Woord van die Here.
RSVP: Laat asseblief vir Lien (lienels@gmail.com) voor Donderdag weet of jy gaan kom, anders kry jy nie kos nie!
Gert en Lien Els
174 Estella Village
Victory Heights
Sport City
Padaanwysings: Vanaf die Al Khail en Emirates roundabout op die Emirates Road rigting Sharjah is dit omtrent 500 meter na die eerste klein afdraaipaadjie na Sport City. Die groot witseil krieketstadion is reg voor jou, maar draai af voordat jy daar kom. As jy verdwaal, bel vir Gert: 050 836 8392 of vir Lien 050 296 9807.
Alle jongmense wat pas matriek geskryf het, is ook spesiaal welkom!

Groete
Lien Els
Afrikaanse Gemeente UAE